|
Liewe Alèt,
My laaste email aan jou vanaand. Ek weet nie wat ons sonder jou sou gedoen het
nie. Jy is rerig waar ‘n ster! Dis so lekker en maklik om saam met jou te werk,
jy is uiters profesioneel en is ‘n wonderlike mens. Baie dankie vir als wat jy
vir ons doen. Ek sal nooit genoeg kan dankie se dat God juis vir JOU op ons pad
gestuur het nie. Ons is geseen met baie engele in ons lewens en jy is definitief
een van hulle.
Dankie, dankie, dankie
Daniela & Lukas
3 April 2010
Dankie vir die kosbare tyd wat jy afstaan… Dankie vir die
manier waarop jy luister en kalmte bring… Dankie vir die innemende, vriendelike
mens wat jy is, wat omgee vir ander en wat weet hoe om hulle veilig te laat
voel…. Dankie uit die diepte van die hart vir alles wat jy doen.
Dear Alèt,
Thank you so much for everything you did to make our wedding day perfect.
Despite the number of weddings you do we never felt “processed” and everything
we requested was done perfectly. The more time we spent with Alet, the more we
were convinced that we had chosen the right venue – one of the best decisions we
made. Thank you!
Michael & Rosanna Stofberg (22 March 2008)
Alèt,
Sjoe, hoe se mens dankie vir so pragtige troue….& wonderlike memories! Ek onthou
die 1ste dag wat ek met Alet gepraat het, sy was so opgewonde oor ons troue &
haar borrelende energie was aansteeklik. Sy het so ‘n passie vir wat sy doen &
dis die tipe mensie wat mens deel van jou spesiale dag wil maak. Te danke aan
Alet was Avianto die pragtige plek waar ek & Louis besluit het om ons lewe saam
te begin. Die groot beplanning het begin…..& so die blomme, koek, musiek, fotos,
dankie geskenkies, program vir die dag…..dis genoeg om enige bruid se senuwees
so bietjie op hol te jaag - Alet was fantasties tydens daai “stres oomblikke”.
Elke oproep & elke epos was beantwoord met soveel passie & geen uitdaging was te
groot vir haar nie. Ek het haar partykeer mal gehad met vra maar sy was altyd
net te gewillig om te help. Nie net het sy ons groot dag besonders gemaak nie
maar sy het ook my man (toe my verloofde) gehelp om ons verlowing te reel – sy
het aan elke moontlike detail gedink & seker gemaak als was perfek vir die dag.
3 weke voor die troue, toe ontmoet ons weer om als te finaliseer - elke liewe
aspek van die troue was met ons bespreek & als was haarpyn beplan. Vroeg die
oggend van die 6de Junie 2008 het die son my uit die bed gejaag. Opgestaan, hare
laat doen & Avianto toe. Alet het elke nou & dan kom inloer om ‘n stukkie van my
troue saam met my te beleef. Soos die dag verloop het, hoe mooier het die dag
geword. Dit was ‘n besonderse dag – die mooiste dag in ons lewens. Alet ek wil
net baie dankie se vir jou ‘commitment’, passie, idees, entoesiasme &
vriendelike stemmetjie in daai benoude oomblikke. As ek my dag kan oorhê sal ek
niks verander nie. Dit was absoluut ‘n voorreg om jou as ons koordineerder te
hê. Ek & Louis wens jou alle voorspoed toe vir die toekoms & onthou om jou
talent(e) elke dag uit te leef & om dit te geniet…maar onthou dat ons tot alles
instaat is deur Jesus Christus. Jy is enige bruid se droom koordineerder – puik
werk & hou so aan!!!!
Baie dankie Louis & Maralize van Wyk (071 605 1853)
Dankie dat jy deel was van my/ons spesiale dag, dankie dat jy gehelp het
om die dag net nog meer spesiaal te maak! Jy is fantasties in wat jy doen jou
lewensvreugde is aansteeklik! Danie vir al die passie wat jy jou “werk” mee doen
– dit was awesome om jou deel te gehad het! Ek bid dat God se blessings oor jou
en jou besigheid sal reën. Ek weet jy gaan suksesvol wees in alles wat jy
aanpak! Dankie! Jy was AWESOME!!!
Nadine & Pieter (3 Oktober 2008)
|